zurück zur Übersicht
Lucinda het 'n belofte gemaak dat sy nooit weer sal terugkeer na die plaas wat haar pa, onder haar voete uit, aan die De Bruin-broers verkoop het in haar tweede jaar aan die Landbou-kollege nie. Ná haar pa se dood het haar ma vir die broers begin huishou. Nou is haar ma siek en Lucinda moet uit Londen terugkeer plaas toe. Haar vooroordele word gou besweer deur die sjarmante jongste broer, Arno. Dis egter met die veel stiller en befoeterde Rudi wat sy alewig vassit. Hoe lank gaan sy haar hart vasgeketting hou?

Warenkorb
Merken